spacerbergland

Swem

BERGLAND SWEM


Swem dra by tot die liggaamlike ontwikkeling, selfdissipline en deursettingsvermoë  van ‘n jong kind.

swem komati okt2010 098

MISSIE

 
By Laerskool Bergland poog ons deur gebruik te maak van St Peter’s se fasiliteite, om aan elke swemmer ‘n geleentheid

te bied om aan galas deel te neem.

SWEMSEISOEN


Ons begin met ons Interhuisgala in September en eindig met die SA Skole Kampioenskappe in Maart.  Ons neem deel aan verskeie ander galas gedurende hiedie maande,nl. Komatipoort Akademie Gala, Barberton Gala, Witrivier Gala, Penryn Galas(Aflos-,Individuele- en Middag/Aand Galas), Ehlanzeni Laerskole Aflosgala, Top Skole Gala.



MPUMALANGA SKOLE KAMPIOENSKAPPE


Swemmers kry die geleentheid om aan die Provinsiale proewe deel te neem – ‘n Mpumalanga span word dan
gekies wat die Provinsie op die SA Skole Nasionale Kampioenskappe verteenwoordig.

SWEM TOEKENNINGS

LAERSKOOL BERGLAND GALA


Junior Victor Ludorum
Junior Victrix Ludorum
Senior Victor Ludorum
Senior Victrix Ludorum

JAARLIKSE MERIETE TOEKENNINGS


Junior Seuns Swemmer van die jaar.
Junior Dogters Swemmer van die jaar.
Senior Seuns Swemmer van die jaar.
Senior Dogters Swemmer van die jaar.
Sertifikaat vir Provinsiale Kleure
Laerskool Bergland is trots op ons swemmers wat op Swem SA se Ranglys vermeld word!

swem komati okt2010 012