spacerbergland

Rugby

Rugby


 

Laerskool Bergland se rugby is op ‘n baie hoë standaard. Ons seisoen strek vanaf einde Februarie tot Middel Junie. Rugbyspelers wat nie in die Atletiekspan is nie, begin reeds in Januarie met vaardighede en fiksheid.

 

  • Spanne
    • O/7 en O/8 speel Tag Rugby gedurende die KDA program in skoolure.
    • O/9 tot O/13 speel Vyftienman rugby.
    • O/11 en O/12 seuns kry ook blootstelling aan 7’s rugby.

 

  • Proewe
    • Die O/9, O/10 en O/11 seuns se proewe word in Februarie maande gehou. Daar word slegs een span per ouderdom gekies.
      • O/9A
      • O/10A
      • O/11A

Die 0/12 en 0/13 proewe word reeds aan die einde van die vorige jaar gehou, aangesien die 1ste span groep elke jaar ‘n groot toer aanpak. Daar word drie spanne gekies indien daar genoeg seuns is.

  • 3de span
  • 2de span
  • 1ste Span
  • 3 Sewe’s spanne wat uit O/11 en O/12 bestaan word gekies begin September.

 

  • Afrigting
    • Ons het twee afrigters by elke span betrokke.

 

  • Wedstryde
    • Daar word gepoog om vir elke span 16 wedstryde per seisoen te reël. Dit sluit in vriendskaplike wedstryde, toere en die Mpumalanga uitspele.

 

  • Toere
    • Die O/9 en O/10 span ondersteun elke jaar die Laerskool Nelspruit rugbyweek.
    • Die O/11 en 2de span ondersteun elke jaar die Witrivier rugbyweek.
    • Die 1ste span het die voorreg om verder te toer.   
    • Ons O/9, O/10, O/11 en 1ste span neem ook elke jaar aan die gewilde Super 8 Kompetisie deel in Polokwane.

 

  • Mpumalanga Uitspele
    • Die O/9, O/10, O/11 en 1ste span neem daal aan die uitspeel wedstryde.

 

  • Kleredrag
    • Die seuns speel in ‘n rugbybroek wat by die skool gekoop word. Rugbytruie word elke 3 jaar geborg, behalwe by die eerste span waar seuns hulle truie kry aan die einde van die seisoen.

 

  • Provinsiaal
    • O/12 en O/13 seuns wat goeie rugby speel vir die skool spanne, word genomineer om aan die Ehlanzeni streekproewe deel te neem.