spacerbergland

Krieket

Krieket


 

  • Doelwitte
    • Om jong spelers die kans te gun om die spel te leer en te geniet.
    • Om spelers aan goed gekwalifiseerde afrigters bloot te stel.
    • Om ‘n liefde vir die sport in jong sportmanne se harte te kweek.

 

  • Afrigters
    • Daar is een gekwalifiseerde afrigter per span ( 0/9 tot 0/13 ). Die afrigter word deur ‘n dame op die personeel vergesel na die wedstyde as tellinghouer.

 

  • Aanvang van seisoen

 

    • Proewe
      • Proewe geskied in die vorm van ‘n netsessie sowel as ‘n veldwerksessie. Proewe vir die 0/10 tot 0/13 spelers vind plaas aan die begin van Junie. Tydens die proewe word daar 14 spelers per groep verkies wat aan die liga in die derde kwartaal gaan deelneem en 12 spelers wat aan die Toere gedurende die Julie vakansie gaan deelneem.
      • Proewe vir die 0/9 spelers vind voeg in die derde kwartaal plaas.

 

    • Oefening
      • Die 0/10 tot 0/13 spelers  sal na aanvang van hul proewe begin oefen in die tweede kwartaal. Die 0/9 spelers sal gedurende die einde van die tweede kwartaal ‘n paar oefeninge deurmaak voor die proewe in die derde kwartaal.

 

    • Spanne & Ouderdomme
      • Daar is slegs een span per ouderdoms groep. Die ouderdomme is as volg : 0/9, 0/10, 0/11, 0/12 en 0/13.

 

    • Liga
      • Die 0/9 span speel in ‘n vriendskaplike liga. Die 0/10 tot 0/13 spanne speel in die Mpumalanga Superskool Liga.

 

    • Toere
      • Die 0/10 tot 0/13 spanne neem deel aan die Laerskool Witrivier Krieketweek.

 

    • Deelname
      • In elke ouderdom sal daar ‘n groep van 14 gekies word ( 0/9 – 0/13 ) wat aan die oefeninge sal deelneem. Uit die groep sal die spanne gekies word vir elke week se wedstryd.

 

  • Kleredrag

 

    • Wedstryd
      • Bergland het ‘n eenvormige kriekethemp en kriekethoed wat deur die 0/9 tot 0/12 spanne gedra word tydens wedstryde tesame met hul eie wit krieket langbroek. Die hemp en hoed is te koop by Rheba.  Die 0/13 span ontvang ‘n geborgde kriekethemp. Dit word gedra saam met hulle Bergland kriekethoed en wit krieket langbroek.

 

    • Oefening
      • Spelers moet geklee wees in gemaklike oefenklere of hul skool klere met tekkies.

 

    • Mpumalanga Krieket
      • Die beste 0/10 tot 0/13 spelers word jaarliks deur die afrigters genomineer om aan die Elhanzeni Streekproewe deel te neem. Uit die verskillende streke in ons provinsie word daar ‘n 0/11, 0/12 en 0/13 Mpumalanga span verkies wat die unie verteenwoordig om hul onderskeie nasionale weke.

 

  • Toekenings plegtigheid

 

    • Die volgende toekenings word uitgegee by die skool se formele prysuitdeling:
      • 0/9   – Beste speler
      • 0/10 – Beste speler
      • 0/11 – Beste speler
      • 0/12 – Beste speler
      • 0/13 – Beste speler

 

    • Liga Wedstryd: Elke speler wat 5 paaltjies in ‘n wedstryd neem of 100 lopies in ‘n beurt aanteken sal ook ‘n aandenking ontvang.